Mense van Afrika-afkoms vandag herdenk
Dis vandag Internasionale Dag vir Mense van Afrika-afkoms. Dis ‘n geleentheid om die buitengewone bydrae van die Afrika-diaspora in die wêreld te vier. Die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering het 2015 tot 2024 as internasionale dekade vir mense van Afrika-afkoms verklaar. Die doel is om respek, beskerming en die vervulling van alle menseregte en basiese vryhede van mense van Afrika-afkoms te bevorder. Die VN se sekretaris-generaal António Guterres sê die diskriminasie wat mense van Afrika-afkoms in die wêreld beleef moet erken word.