Kommer oor ongelukke op Namibiese paaie

Die Namibiese polisie het sy kommer uitgespreek oor ‘n toename in ongelukke op nasionale paaie. Volgens statistieke van 1 Januarie tot 27 Augustus het 1 828 ongelukke plaasgevind waarin 241 mense gesterf het en 3 262 beseer is. Verlede jaar in die ooreenstemmende tyd was daar meer ongelukke op 1 918, en 297 slagoffers, maar minder beseerders, altesaam 3 239. Vanjaar se ongelukke en beserings is egter hoër as 2021 s’n. Volgens Nampol vind die meeste ongelukke vind oor naweke plaas.