Hoekom is hare en nie eksamens die middelpunt nie?
Die onderwys het hom sterk uitgespreek teen kwessies van swak dissipline van leerders na aanleiding van berigte dat ‘n Okakarara-skool glo 80 kinders huis toe gestuur het weens onvanpaste haarstyle. Daar word egter gesê dat die betrokke skool die aantygings ontken het. Die uitvoerende direkteur in die ministerie, Sanet Steenkamp het in gesprek met Kosmos 94.1 Nuus gesê sy kan nie glo dat kwessies van haarstyle in die middelpunt is gedurende die tyd wat leerders vir eksamens moet voorberei nie.