Geen planne om burgers van EU-lande uit Gaboen te ontruim

Die hoof van buitelandse beleid van die Europese Unie, Josep Borrell het aan die media in Toledo, Spanje, gesê dat daar tans nie beplan word om burgers van EU-lande uit Gaboen te verwyder nie. Hy het dit gesê in reaksie op die staatsgreep in Gaboen. Borrell sê nog ‘n staatsgreep vererger die situasie in die streek wat reeds onstabiel is soos in die Sentraal-Afrikaanse Republiek, Mali, Burkina Faso en in Niger. Die weermaggeneraal in Gaboen, Brice Nguema, wat ná Woensdag se staatsgreep as Gaboen se nuwe leier aangewys is, het die besluit verdedig om President Ali Bongo se regering omver te werp.