EFF sê SARB se Phala Phala-verslag is toesmeerdery
Die EFF-parlementslid Mzwanele Manyi sê hy is teleurgesteld oor die manier waarop die Suid-Afrikaanse Reserwebank die Phala Phala-ondersoek hanteer het. Die Reserwebank se president, Lesetja Kganyago, het voor die Parlement se staande komitee oor finansies verskyn om die bank se verslag oor beweerde valutabeheer-oortredings in die Phala Phala-inbraak waar buitelandse valuta gesteel is, te bespreek. Die bank kon geen bewyse teen President Cyril Ramaphosa en Phala Phala vind nie. Manyi sê die ondersoek en verslag is ‘n toesmeerdery om die president te beskerm.