Dodetal in Johannesburg-brand styg

Die dodetal in vanoggend se brand in die Johannesburgse middestad het tot meer as 70 opgeskiet, terwyl ‘n soek-en-herwinnings-operasie voortduur in die vyfverdieping-gebou wat in vlamme gehul was. Die Osindiso-gebou op die hoek van Albert- en Delverstraat behoort aan die Stad Johannesburg en word aan ‘n nie-regeringsorganisasie verhuur. Robert Mulaudzi van die stad se nooddienste sê die gebou is omskep in ‘n informele nedersetting met ‘n geraamde meer as 80 tydelike woon-strukture.