ABBA se Agnetha se enkelsnit vrygestel

Die ABBA-ster Agnetha Faltskog het vandag ‘n nuwe enkelsnit, wat haar solo-loopbaan op die ouderdom van 73 laat herleef, vrygestel. Faltskog, hoofsanger saam met Anni-Frid Lyngstad van die uiters suksesvolle Sweedse popgroep wat in 1972 gestig is, het ‘n dekade gelede haar laaste solo-album vrygestel. Die snit, ‘Where do we go from here’ is op BBC se radiodiens bekend gestel word. ABBA het legio aanhangers regoor die wêreld gewen met blywende treffers soos Dancing Queen en Fernando en het by die 1974 Eurovision met die louere weggestap met Waterloo.