Witbal-reeks in Durban word nie uitgesaai op SABC nieAugust 30, 2023
Die SABC sal nie die witbal-reekse tussen Suid-Afrika en Australië kan beeldsend nie, want die openbare uitsaaier kon nie ‘n ooreenkoms met Krieket Suid-Afrika bereik nie. Dit beteken miljoene plaaslike aanhangers sonder toegang tot ander media, sal nie kan sien hoe die Proteas die Aussies in drie T20’s en vyf eendagwedstryde pak nie. KSA sê hoewel dit teleurstellend is dat talle Suid-Afrikaners die dekking van die reekse gaan misloop, herbevestig hy sy verbintenis om die sport vir alle plaaslike aanhangers toeganklik te maak.