Vrystaatse polisie loods soektog ná plaasmoordAugust 30, 2023

Die Vrystaatse polisie het ‘n soektog van stapel gestuur na verdagtes na die moord op ‘n 71-jarige boer en die aanranding van sy vrou buite Bloemfontein. Die polisie en noodpersoneel is Dinsdag na die plaas ontbied nadat ‘n man die egpaar in ‘n plas bloed aangetref. Hulle seun het Donderdagaand laas met hulle oor die telefoon gepraat. Polisiewoordvoerder Mahlomola Kareli sê hy het hulle die naweek en Maandag probeer kontak, totdat hy ‘n vriend gevra het om hulle te besoek.