Tshwane-burgemeester se kop geëisAugust 30, 2023

Die leier van die Transformation Alliance, Abel Tau, doen ‘n beroep op politieke partye met verteenwoordiging in die Tshwane-raad, om ‘n mosie van wantroue in te stel in die burgemeester, Cilliers Brink. Hy vra ook vir nuwe verkiesings in die munisipaliteit, en voer aan daar is ‘n ineenstorting van bestuur. Tau sê vullis wat ophoop, langdurige kragonderbrekings, verstopte rioolstelsels en watertekorte dui daarop dat die stad verder agteruitgaan onder die veelparty-koalisieregering.