TransNamib in finale stadium vir lokomotiewe-lening

TransNamib is nou in ‘n finale stadium van die leningsproses om 20 nuwe lokomotiewe aan te koop. Volgens die maatskappy se uitvoerende hoof vir ingenieurswese en tegniese dienste, Bertus Eksteen, sal ‘n lening van 2,1 miljard Namibiese dollar van die Ontwikkelingsbank van Suid-Afrika verkry word. TransNamib het tans 78 lokomotiewe, waarvan 26 in bedryf is, terwyl die maatskappy minstens 34 lokomotiewe per dag benodig vir voldoende werkverrigting. Eksteen sê dat uit die 26 lokomotiewe, 20 tussen 50 en 60 jaar oud is, vyf is ses jaar oud en een is 17 jaar in gebruik. Die woordvoerder van TransNamib, Abigail Raubenheimer, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.