Tabakwette: Ander regulering gevra vir alternatiewe vir sigarette
Phillip Morris South Africa het na vore gekom om die ingewikkeldhede van die hoogs omstrede Wet op die Beheer van Tabakprodukte en Elektroniese Leweringstelsels uiteen te sit. Die maatskappy se direkteur vir openbare aangeleenthede in Suider-Afrika, Ulreich Tromp, sê terwyl die wetsontwerp ten doel het om die tabakbedryf te reguleer, het die maatskappy verskeie bekommernisse na vore gebring wat hulle meen die wetgewers moet oorweeg. Tromp sê alternatiewe vir gewone sigarette moet verskillend gereguleer word, gebaseer op die risikoprofiel van dié produkte.