Suarez onttrek uit presidensiële wedloop in VSA

Miami se burgemeester Francis Suarez het die eerste kandidaat geword om te onttrek aan die Republikeinse wedloop om in 2024 as president verkies te word. Dit volg minder as ‘n week nadat hy nie gekwalifiseer het vir die party se eerste voorverkiesingsdebat in Milwaukee nie. Suarez sê al het hy sy veldtog om president te word laat vaar, bly hy toegewyd om Amerika ‘n beter nasie te maak. Die Republikeinse Nasionale Komitee sê kandidate sal ‘n drumpel van 50 000 unieke skenkers moet haal en teen 3 persent moet registreer in enige twee nasionale meningspeilings of een nasionale meningsopname om vir die volgende debat te kwalifiseer.