Staat verwerp aantyging dat Bester sy minnaares na Tanzanië ontvoer het

Die Thabo Bester-saak bly in die nuus. Die staat het Nandipha Magudumana se bewering verwerp dat haar minnaar en veroordeelde moordenaar haar in ‘n motor gedwing en teen haar wil na Tanzanië geneem het. Sy het in die Bloemfonteinse Landdroshof om borgtog aansoek gedoen. Magudumana beweer sy is nie ‘n vlugrisiko nie, en sy kan die borgtog van 10 000 Suid-Afrikaanse rand bekostig. Staatsaanklaer Sello Matlhoko het onthul dat verskeie bedrogsake sedertdien teen haar geopen is, omdat sy na bewering verskeie ondernemings met miljoene bedrieg het: