Sauma besoek Rusland, nóg meer bekommerd
Drie lede van die Stampriet Aquifer Uranium Mining Association, bekend as Sauma, het onlangs saam met ‘n groep op uitnodiging van Uranium One na Rusland gereis om die JSC Dalur-myn in die streek van Chelyabinsk te besoek. Dalur-myn maak gebruik van swaelsuur in in-situ-loging, dieselfde metode wat bedoel is om in die hoof-drinkwater akwifer van die Stampriet Artesiese Bekken gebruik te word. Tydens die week is slegs 2,5 uur op die terrein by die Dalur-myn vir besoekers gegun. Volgens die verteenwoordigers van Sauma het hulle nie ‘n kans gehad het om te sien wat ondergronds gebeur toe hulle die Dalur-myn, ‘n Kurgan-onderneming, besoek het nie. Die meerderheid vrae wat deur die verteenwoordigers tydens die besoek gevra is, se antwoorde was glo ontwykend, oppervlakkig of glad nie beantwoord nie, met geen aanduiding van ‘n waarborg dat grondwater nie negatief beïnvloed word nie. Divan Opperman, voorsitter van Sauma, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels…