Proteas pak die Aussies vanmiddag
Die Proteas pak Australië vanmiddag met ‘n nuwe paaltjiewagter in die eerste van drie T20-wedstryde in Durban. Die 23-jarige veelsydige speler, Tristan Stubbs, het verlede jaar sy internasionale buiging gemaak en hoop om ingesluit te word in die groep vir die eendag-Wêreldbekertoernooi in Indië. Dewald Brevis, Donovan Ferreira en Matthew Breetzke het almal ‘n kans om hul internasionale loopbane op Kingsmead te begin. Die Protea-kaptein, Aiden Markram, het bevestig, Stubbs sal die reeks agter die paaltjies begin: