Marike de Klerk se moordenaar word op parool vrygelaatAugust 30, 2023
Die voormalige Suid-Afrikaanse presidentsvrou Marike de Klerk se moordenaar word vandag op parool vrygelaat. Luyanda Mboniswa is in Mei 2003 lewenslange tronkstraf opgelê, nadat hy oudpresident FW de Klerk se gewese vrou twee jaar tevore in haar strandwoonstel in Kaapstad verwurg het. Hy het as sekerheidswag in die kompleks gewerk. Korrektiewe dienste het vroeër die maand aangekondig Mboniswa het die vereiste minimum-tyd uitgedien. Hy sal die res van sy lewe op parool wees, en die parool-voorwaardes sluit in dat Mboniswa nie kontak mag hê met De Klerk se familie nie.