Lugbesoedeling verkort lewens met meer as 5 jaar

Die Universiteit van Chicago se Energiebeleidsinstituut sê die luggehalte in Suid-Asiatiese lande verkort die lewensverwagting met meer as vyf jaar per persoon. Die instituut se verslag oor die luggehalte-lewensindeks toon aan dat verhoogde industrialisasie en bevolkingsgroei tot ‘n afname in luggehalte gelei het. In Bangladesj gaan mense gemiddeld 6,8 jaar korter leef, terwyl die gemiddelde ouderdom van mense in New Delhi, Indië, met meer as tien jaar afgeneem het. Die verslag beveel aan dat lugbesoedeling wat longe kan beskadig wêreldwyd verlaag moet word.