FBI se grootste operasie ooit deaktiveer ‘n internasionale botnet

Die Amerikaanse FBI en die departement van justisie het ‘n multinasionale operasie aangekondig om ‘n botnet bekend as Qakbot te deaktiveer. Dit is die grootste operasie tot dusver en het in die VSA, Frankryk, Duitsland, Nederland, Roemenië, Letland en die Verenigde Koninkryk plaasgevind. Owerhede het kuberkrakers se tegnieke benut om toegang tot die bot te kry en hom so lamgelê. Christopher Wray, direkteur van die FBI sê die kuberkrakers se invloed was wydverspreid en 700 000 rekenaars is geïnfiltreer met miljoene wat gesteel is, sowel as inligting.