Eerste Letterkunde Fees in Windhoek aangebied
Die Letterkunde-komitee van die Nasionale Kunsteraad van Namibië, in samewerking met die onderwysministerie se direktoraat van kuns en nasionale biblioteke en argiewe, het Namibië se eerste Letterkunde Fees ooit amptelik aangekondig. Die fees vind Vrydag en Saterdag by die nasionale argief en biblioteek in Windhoek plaas. Die fees sal bekende skrywers en digters insluit, soos Joseph Molapong, ‘n bekende Namibiese skrywer. Gretta Gasper, die administrateur van die kunsteraad het met Kosmos 94.1 Nuus gesels…