Dwelms begin plaaslik groot kommer wek

Die inspekteur-generaal van die Namibiese polisie is bekommerd oor die toenemende gebruik van dwelms in die land. Volgens luitenant-generaal Joseph Shikongo was Namibië altyd net ‘n transito-land vir dwelms maar, dit het nou ‘n land van dwelmverbruik geword. Die dwelms wat die meeste in die land gebruik word, is dagga, mandrax, heroïen, tik en kokaïen. Shikongo sê brandpunte soos Rehoboth en Windhoek wek groot kommer en die vervoer van dwelms oor die landsgrense neem toe. Die polisie se maandelikse beslaglegging verslae kan ‘n miljoen Namibiese dollar verbysteek in die waarde van gekonfiskeerde dwelms en die groter meerderheid verdagtes is landsburgers.