BBP word ‘onderhou’ deur vis & veeAugust 30, 2023
Namibië se visserye en veesektor bly ‘n opwaartse drywer van die ekonomie, terwyl saaiboerdery die waarde laat krimp. Volgens Simonis Storm was Namibië in Junie ‘n netto uitvoerder van vis ter waarde van 1,5 miljard Namibiese dollar, met vee op-die-hoef ter waarde van 192,2 miljoen dollar en vleis van 99,5 miljoen dollar. Die firma sê in sy ontleding dat dit die land se onafhanklike kommoditeite is wat positief bydra tot die BBP. Aan die ander kant, is daar handelstekorte op invoere met kakao op minus 500 000 dollar, rys op minus 18,6 miljoen dollar, koffie ter waarde van minus 24,9 miljoen dollar, mielies op minus 25,1 miljoen dollar en koring op ‘n reuse 297,3 miljoen dollar.