Alcaraz het dalk ‘n klippie in die skoen…
Die verdedigende kampioen Carlos Alcaraz is deur na die tweede ronde van die Amerikaanse Ope. Die Spanjaard was ná 60 minute met 6-2, 3-2 voor, toe sy opponent Dominik Koepfer weens ‘n frats enkelbesering moes onttrek. Alcaraz sal nou teen die Suid-Afrikaner Lloyd Harris te staan kom, wat Guido Pella van Argentinië met 7-6, 6-4, 6-4 verslaan het. Alcaraz sê dit is uit die aard van die saak nie die beste manier om na die volgende ronde deur te dring nie: