Taxi-samesprekings in die Wes-Kaap vorder
Die Wes-Kaapse LUR vir Mobiliteit, Ricardo Mackenzie, sê daar was opbouende gesprekke op die eerste dag van die driedaagse imbizo van die Minibustaxi-taakspan in Kaapstad. Die besprekings is daarop gemik om die taxibedryf in die provinsie se probleme te bespreek. Dit sluit die skut van voertuie in. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxiraad het vroeër die maand ‘n wegbly-aksie van agt dae gevoer wat deur geweld ontsier is. Mackenzie sê hulle wil blywende oplossings vind vir die probleme in die taxibedryf: