SIM-registrasie: MTC gaan voort met biometriese data-insameling

MTC gaan voort met SIM-kaartregistrasie, ondanks die Kommunikasie Owerheid van Namibië, Cran, wat telekommunikasie-operateurs in Mei beveel het om die verpligte vaslegging van biometriese data vir SIM-kaartregistrasie doeleindes te staak. Cran het hierdie besluit geneem in reaksie op voortdurende klagtes van die publiek oor die praktyk wat deur sommige selfoon-operateurs gebruik word wat biometriese data tydens die SIM-kaartregistrasie proses versoek het, ten spyte van die afwesigheid van ‘n raamwerk vir data-beskermings-wetgewing. Hoewel MTC in eenstemmigheid is met die oorwegings deur Cran, gaan hy voort met sy biometriese “Verifi”-proses. John Ekongo, MTC se korporatiewe kommuniksiebestuurder, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.