Nuwe benadering nodig vir behuisingskrisis
Kenners meen die Namibiese behuisingskrisis moet anders benader word. Volgens die Namibiese Statistieke-agentskap woon na verwagting 67 persent van die Namibiese bevolking in stedelike gebiede. Volgens die Shack Dwellers Federation of Namibia het 40 persent van Namibië se bevolking en 80 persent van die stedelike bevolking teen die middel van 2022 in plakkershutte gewoon. Dr. Leake Hangala, deurwinterde plaaslike sakeman en uitvoerende voorsitter van die Hangala-groep, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…