Kinders moet ook teen klimaatsverandering beskerm word
Nie net verkeer kinders in gevaar as gevolg van mishandeling nie, daar is ook ‘n daadwerklike risiko vir hulle veiligheid as gevolg van klimaatsverandering. Die VN se kinderregte-komitee sê in ‘n nuwe verslag lande behoort te waarborg dat kinders in ‘n skoon, gesonde en volhoubare omgewing kan leef. Ingrid Husselmann, die voormalige kinder-advokaat in die Kantoor van die Ombudsman sê ‘n konstante, veilige omgewing is uiters belangrik.