Hage is hoofspreker by Afrika Energieweek in KaapstadAugust 29, 2023
President Hage Geingob sal as hoofspreker die openingstoespraak by die Afrika Energieweek 2023 lewer, wat 16 van 20 Oktober in Kaapstad, Suid-Afrika, sal plaasvind. Die tema is “The African Energy Renaissance: Prioritizing Energy Poverty, People, the Planet, Industrialization and Free Markets,’ Geingob sal fokus op Namibië se visie van ‘n energie-renaissance. Hierdie visie behels die dinamiese groei van die land se olie- en gassektor, tesame met sy belowende vooruitgang in groenwaterstof-ontwikkeling. Namibië wil met hierdie hulpbronne ‘n energie-veilige en veerkragtige toekoms vir Suider-Afrika skep.