Gru-video oor kindermishandeling: Ministerie gee die feite
Die ministerie van geslag, armoede uitwissing en maatskaplike welsyn het ‘n verslag rakende die video van die vyf-jarige meisie wat brutaal aangerand word, uitgereik. Die insident het in die Omaheke-streek in Julie plaasgevind en volgens die ministerie, is die kind deur haar nefies en niggies, onderskeidelik ses, agt en 12 jaar oud, aangerand. Die ministerie sê hy veroordeel die geweld ten sterkste maar neem ook kennis dat die drie kinders, wat die dogtertjie aangerand het, ook maatskaplike ondersteuning nodig het. Die familie ontvang steeds berading, so ook die ouers van die drie oortreders.