Djokovic is weer nommer een
Die Serwiër Novak Djokovic het die nommer een-posisie op die wêreldranglys verseker ná sy oorwinning in die eerste ronde van die Amerikaanse Ope in New York. Die 23-malige Grand Slam-kampioen het Alexandre Muller van Frankryk met 6-0, 6-2, 6-3 afgeransel. Danksy die oorwinning sal hy Carlos Alcaraz van Spanje op die elfde van volgende maand as wêreld-nommer-een vervang en vir ‘n rekord 390ste week bo-aan die ranglys wees. Die 36-jarige sê daar is ‘n paar dinge wat hy beter in die wedstryd kon doen: