Cele, Mantashe gelooi vir swak optrede teen onwettige mynwese

Die DA kritiseer die ANC-regering vir die swak vordering met die bekamping van onwettige mynbou. Die party skryf dit toe aan die minister van polisie, Bheki Cele, en die minister van minerale bronne, Gwede Mantashe, se gebrek aan leierskap en sê dit kos Suid-Afrika jaarliks rondom 7 miljard Suid-Afrikaanse rand. James Lorimer van die DA betreur die gebrek aan vordering en doetreffende optrede teen onwettige mynbou. Hy vra ‘n gespesialiseerde polisie-eenheid wat saam met aanklaers kan werk om die sindikaatbase agter onwettige mynbou vas te trek en skuldig te bevind: