Tshwane dank sy stakende werkers afAugust 28, 2023
Die Stad Tshwane sê die munisipale werkers wat afgedank is omdat hulle aan ‘n onwettige en onbeskermde staking deelgeneem het, sal nie weer aangestel word nie. Meer as 100 werkers wat by die Suid-Afrikaans Munisipale Werkersunie geaffilieer is, het hulle werk verloor omdat hulle betoog het oor die stad weiering om ‘n salarisverhoging van 5,4 persent in te stel. Hulle het aanhou staak nadat die stad ‘n tussentydse interdik daarteen verkry het. Die stad se woordvoerder, Selby Bokaba, sê die werkers wat afgedank is, het nie meer belanggestel om vir die stad te werk nie: