Tegnologie ingespan om jong mense te laat lees

Die Stad Kaapstad sê sy biblioteke gebruik tegnologie om jong mense na lees te lok en dit werp vrugte af. Die burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsdienste en gesondheid, Patricia van der Ross, sê nuwe tegnologie soos tablette en spelborde is sedert Julie verlede jaar bekendgestel. Sy sê biblioteke het intussen vernuwende maniere gevind om dit op die beste manier te gebruik en gebruikers te lok.