Samewerking met Kuba sal verdiep word
Samewerking tussen die Namibiese en Kubaanse regerings sal verdiep al is daar uitdagings met die Amerikaanse sanksies teen die land. Die land se President Miguel Diaz-Canel was die naweek op besoek na die land en het vanoggend vertrek. Hy het met verskeie afgevaardigdes ontmoet en die twee lande het ook twee memorandums van verstandhouding onderteken, met een wat die Namibiese Beleggingsbevordering en -ontwikkelingsraad en Sentrum vir die Bevordering van Buitelandse Handel en Buitelandse Belegging van Kuba betrek. Verdere besonderhede is nie bekend nie.