Rugby: Sportminister sê Welwitschias benadeel in sterk groep
Rugby: Twee spanne sal Afrika weer op die Wêreldbekertoernooi in Frankryk verteenwoordig – Namibië en die verdedigende kampioen en buurland, Suid-Afrika. Die voormalige Springbok-afrigter, Allister Coetzee, is in beheer van die Windhoek Draught Welwitschias, wat saam met Nieu-Seeland, Frankryk, Italië en Uruguay in ’n sterk groep ingedeel is. Namibië wil graag sy eerste Wêreldbeker-wedstryd ooit wen, maar sportminister, Agnes Tjongarero, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê die Namibiese span word uit die staanspoor benadeel.