Omaruru bied sy tweede motocross met groot sukses aan

Die sewende been van Namibiese Nasionale Motocross-byeenkoms het die naweek op Omaruru op die nuwe WKMX-baan plaasgevind. Dit is die tweede keer wat Omaruru ‘n nasionale byeenkoms aanbied op die baan wat vroeg vanjaar gebou is. Phellazie Simon, sekretaresse van die Omaruru Motocross-reëlingskomitee het met Kosmos 94.1 Sportnuus gesels. Sy sê dit was ‘n reuse-sukses.