Nam-skole suip weer aan die agterspeen

Daar is ongeveer 500 van die land se 1 800 skole wat aan basiese tegnologie-infrastruktuur, soos rekenaars, beskik en tydens Covid, kon net 2 persent van die land se leerders van 804 000, deur aanlyn-platforms met skool voortgaan. Die Tender Bulletin berig verder dat 32 persent of 614 skole het geen telefoonlyne nie, en 18 persent, 346,skole, het geen elektrisiteit nie. In 2020 is daar berig dat die Oshana-streek ‘n tekort van 3 126 stoele en 2 763 lessenaars gehad het. Ten spyte hiervan, is die jaar se begroting vir meubels en skool-rekenaars steeds net 30 miljoen Namibiese dollar, onveranderd in jare, terwyl besteding op die goedere in die algehele regering met 86 persent gestyg het. Die sekuriteitsgroepering se begroting vir die goedere vir vanjaar staan op 32 miljoen dollar.