Kapenaars moet spaar, Eskom se verhogings tree in werking

Die Stad Kaapstad sê huishoudings kan hul maandelikse huishoudelike uitgawes verlaag deur ‘n paar aanpassings in hul krag- en waterverbruik te maak en beheer oor te neem oor hul elektrisiteitskoste. Eskom se verhoging van 18,5 persent het die koste van elektrisiteitsvoorsiening opgestoot en beïnvloed huishoudings. Die burgemeesterskomiteelid vir Energie, Beverley van Reenen, sê deur slegs die warmwater-silinder se temperatuur effens te verlaag, kan inwoners ‘n beduidende bedrag op hul energiekoste bespaar: