Goudstawe wat op trein gevind is, aan Rooi Kruis geskenk
Altesaam 120 goudstawe van 3,7 kilogram wat in Oktober 2019 op ‘n trein in Switserland gevind is, sal aan die Rooi Kruis geskenk word nadat die regmatige eienaar daarvan nie opgespoor kon word nie. ‘n Opsigter het ‘n pakkie gevind op ‘n trein wat van St. Gallen na Lucerne onderweg was. Daarby was ‘n kaartjie waarop gestaan het “waardevolle artikels van die IRRK”, in ‘n oënskynlike verwysing na die Internasionale Raad van die Rooi Kruis. Die waarde van die goud is nie bekendgemaak nie, maar 24 karaat-goudstawe verkoop tans teen sowat 60 000 Amerikaanse dollar per kilogram.