Eiendomspryse in die Suide kan weens beplande hernubare energie-projekte styg
Eiendomspryse in die suide van Namibië sal na verwagting styg, gegewe die beplande groenwaterstof-, olie- en gasprojekte tussen Lüderitz en Oranjemund. Simonis Storm dui aan tydens gesprekke met dorpsrade, eiendomsagente en belanghebbendes, het huispryse in die afgelope 12 maande in hierdie dorpe vervierdubbel het, as gevolg van behuisingstekorte en terselfdertyd ‘n verhoogde vraag na behuising. In een geval is ‘n huis wat op 350 000 Namibiese dollar gewaardeer is, vir 1,4 miljoen dollar by Lüderitz verkoop is. Net so is ‘n huis ter waarde van 400 000 dollar vir 1,2 miljoen dollar by Oranjemund verkoop.