EFF laat regspan Phala Phala-verslag hersien

Die EFF-leier Julius Malema het bevestig die party gaan die Suid-Afrikaanse Reserwebank se verslag oor Phala Phala op regterlike hersiening neem. Die sentrale bank het bevind geen valutabeheerregulasies is oortree in die transaksie tussen President Cyril Ramaphosa se Phala Phala-plaas in Limpopo en ‘n Sudannese sakeman wat 20 buffels by hom gekoop het nie. Malema sê daar is duidelik ‘n poging om die misdade by Phala Phala te verberg en staatsinstellings word misbruik om Ramaphosa te beskerm: