Dringende benadering nodig om malaria uit te wis
Die organisasie Right to Care sê ‘n dringende benadering is nodig om malaria uit te wis. Die hoogs-aansteeklike siekte veroorsaak elke jaar net in Afrika meer as half-miljoen sterftes. Die organisasie se aansteeklike siekte-spesialis Lucille Blumberg sê inwoners van Limpopo, Mpumalanga en KwaZulu-Natal is meer blootgestel aan die siekte. Blumberg sê die malaria-seisoen kom grootliks van September tot Mei voor. Sy voeg by vroeë diagnose en behandeling kan lewens red.