Damme wat Windhoek van water voorsien, minder as ‘n derde volAugust 28, 2023

Damme wat Windhoek van water voorsien, is nou minder as ‘n derde vol. Die gesamentlike vlak staan nou op 30,9 persent teenoor verlede jaar se 51,1 persent. Von Bachdam is nou 20,2 vol persent teenoor verlede jaar se 48,2 persent. Water word steeds vanaf die Swakoppoortdam, asook van noordelike waterbronne na Von Bach oorgepomp. Dieselfde geld by Gobabis met water wat ook steeds vanaf die Daan na die Tilda Viljoen oorgepomp word, wat nou 30,2 persent vol is. Gobabis-damme se totale vlak is ‘n skrale 6,6 persent. In die Suide het die Hardapdam ‘n verlies van 1,284 miljoen kubieke meter gehad weens besproeiing. Verlede jaar was Hardap 62,8 persent vol teenoor die stand tans van 31,3 persent. Die Nautedam is nou 57,7 persent vol teenoor verlede jaar se vlak van 91,4 persent en die Oanob by Rehoboth is 54,8 persent vol.