DA vra ontbinding van Johannesburg-stadsraad

Die DA sê hy gaan Donderdag tydens die Stad Johannesburg se raadsvergadering ‘n wysiging voorstel dat die mosie van wantroue teen die burgemeester, Kabelo Gwamanda, eers op 2 November hanteer word. Volgens die party sal dit die wettige ontbinding van die raad moontlik maak en die politieke onbestendigheid temper wat die stad teister. Fred Nel van die DA sê Johannesburg benodig ‘n bestendige, etiese regering en ‘n nuwe verkiesing binne 90 dae, om die stad te red van verdere vertragings met en agteruitgang in dienslewering.