DA: Mbeki het geheueverlies oor beurtkrag
Die DA beskuldig oudpresident Thabo Mbeki van geheueverlies en die verdraaiing van die geskiedenis en feite rakende die voortslepende beurtkragkrisis. Die party weerlê Mbeki se onlangse bewering dat Eskom se bestuur die krisis opsetlik veroorsaak het weens steenkooltekorte. Die DA sê die oud-president se onlangse uitsprake by ‘n geleentheid van die Universiteit van Suid-Afrika het die skuld geheel en al na die kragvoorsiener verskuif. Ghaleb Cachalia van die DA sê Mbeki se administrasie het versuim om in nuwe opwekkingsvermoë te belê ondanks waarskuwings van ‘n naderende toename in aanvraag.