Brandsiekte steek weer kop uit by Noorde-skole
Inwoners van die Ombuudiya-nedersetting naby Okongo in die Ohangwena-streek, pleit vir hulp weens toenemende gevalle van brandsiekte. Die toestand raak glo die meerderheid van die inwoners daar, sowel as die leerders by die Omuuni Gekombineerde Skool. Volgens statistieke wat deur die ministerie gedeel is, het die land in April 2022 ‘n totaal van 3 454 aangemelde gevalle van brandsiekte landwyd gehad. Die Kunene-streek was verantwoordelik vir die hoogste aantal gevalle. Kosmos 94.1 Nuus het met die uitvoerende direkteur in die ministerie, Ben Nangombe, gepraat.