Alcaraz is gereed vir Amerika
Die wêreld se nommer een, Carlos Alcaraz, sê hy is gereed om as verdedigende kampioen na Amerika te gaan en die groter verwagtinge te hanteer. Die 20-jarige Spanjaard wil die eerste man word wat sy Amerikaanse Ope-titel suksesvol verdedig sedert Roger Federer dit in 2008 laas kon regkry. Hy kom in die eerste ronde teen Dominik Koepfer van Duitsland te staan. Alcaraz, wat verlede jaar in New York sy deurbraak gemaak het toe hy sy eerste major-titel gewen het, sê hy is ‘n beter speler as ‘n jaar gelede: