Geingob verwelkom Kubaanse kundigheid in natuurlike energie-sektorAugust 27, 2023

President Hage Geingob het tydens bilaterale samesprekings met die Kubaanse President Miguel Diaz-Canel Bermude by Staatshuis verwys na Namibië se beduidende ontdekkings van olie en gas, asook die groenwaterstof-projek. Hy sê Namibië verwelkom Kubaanse kundigheid en tegnologie in die strewe om die potensiaal te ontketen van hierdie natuurlike hulpbronne tot wedersydse voordeel van beide lande. Geingob het weer eens Amerikaanse ekonomiese sanksies teen Kuba veroordeel. Hy sê Kuba sal altyd deur Namibië geag word as ‘n land wat internasionale vrede en solidariteit bevorder, veral deur die voortdurende ontplooiing van Kubaanse gesondheidsbrigades.