Belastingontduiking: Meer as 1 000 boere wil met Shivute vergaderAugust 22, 2023
Plaaslike berigte lui dat meer as 1 000 kommersiële en kommunale boere onder Taxpyers Concern Group, ‘n beroep gedoen het op die aanpassing van belastingwetgewing in die land. Van die lede vorm blykbaar deel van die groep wat deur NamRA ondersoek word vir belastingontduiking van 833 miljoen Namibiese dollar wat 1 168 belastingbetalers betrek. NamRA het volgens berigte die boere wat hulle betrek het, gevra om bewyse van aftrekkings te lewer maar het intussen ook werkgewers opdrag gegee om die betaalbare fondse by salarisse af te trek. Daar word berig dat talle van die boere sogenaamde ‘naweekboere’ is. Die groep vra ‘n vergadering met NamRA-hoof Sam Shivute en vra onder andere, vir ‘n verlenging van die afbetalingsperiode van 36 maande na tien tot 15 jaar.