Spanje vat hom, kaptein Olga Carmona hoor eers na oorwinning haar pa is dood
Sokker: Spanje het vir die eerste keer ooit die Wêreldbekertoernooi vir Vroue gewen sedert 1991 toe die eerste toernooi gehou is. Dit was ook Engeland se eerste eindstryd, maar hul harte is in die Australiese hoofstad Sydney gebreek met die eindtelling wat 1-0 was. Spanje se kaptein, Olga Carmona, het die wendoel in die eerste helfte aangeteken. Die Spaanse middelskakel Aitana Bonmati is ook as die speler van die toernooi aangewys. Carmona, wat as ‘n heldin geag word, se pa is Sondag oorlede maar sy het eers na die wedstryd die hartseer nuus gehoor.